Kontant beheer

Kontant beheer en boekstawing

 

Beginsels

 

Kontantbeheerstelsel behels ontvangstes en betalings. Daar moet verseker word dat betalings slegs geskied vir goedere en dienste wat wel bestel en ontvang is, en dat die korrekte bedrag betaal word.

Die beginsel van kontantbeheer is om die funksie van hantering van kontant van die ter boekstawingsfunksie te skei.

 

Beheer oor kontantontvangstes

 

In kleiner ondernemings oefen die eienaar/bestuurder beheer oor die kontant transaksies uit. In groter ondernemings is dit egter onmoontlik vir een persoon om so persoonlike beheer uit te oefen en moet die rekeningkundige stelsel so aangepas wees om doeltreffende beheer oor kontanttransaksies in te sluit.

 

 

 

 

Brondokumente

 

Sodra kontant ontvang word behoort daar ‘n kwitansie aan die klient voorsien te word met die volgende besonderhede:

Bedrag, datum, rede en waar van toepassing van wie. (‘n groot supermark bv. kan nie aan elke persoon ‘n gedetalieerde kwitansie voorsien nie)

Kwitansies en kassierstrokies moet genommer  wees om ‘n ouditspoor  te kan volg.

 

Kontant verifikasie

 

Dit behels die vergelyking van die werklike kontant ontvang met die brondokumente (bv. kwitansies, kassier lesings).

 

Die bedrag ontvang behoort daagliks verkieslik deur iemand anders as die persoon wat die kontant ontvang gekontroleer word.  Die persoon sal dan bv. die kasregister oopsluit en die daaglikse ouditrol verwyder en dit met ‘n nuwe een vervang, en dan die kontant in die laai in die BAIE BELANGRIK teenwoordigheid van die kassiere of toonbank assistent tel en die kleingeld voorskot terugplaas. Die bedrag van die kontant ontvang moet ooreenstem met die total van die transaksies vir die dag per kassier rol of kwitansieboek.

 

Deponering

 

“n Verdere beheerpunt is om verskieslik daagliks alle kontant ontvang te bank. Die totale kontant ontvang moet gelyk wees aan die deposito min die kontant uitgawes aangegaan. Sien by downloads ‘n werkspapier (freedailycash) vir hierdie doel.